Om beter te kan sien

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

Sanlam en Torga Optics het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken vir 'n maatskaplike verantwoordelikheid-projek genaamd die Sanlam Visie vir Verandering.

Daarmee sal minder bevoorregte kinders by bepaalde sekondêre skole en diegene met kritieke behoeftes van voorgeskrewe brille voorsien word.

Die projek het ten doel om die regering, spesifiek die ministerie van onderwys, kuns en kultuur asook die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, te ondersteun in hul pogings om gehalte onderwys en gesondheidsdienste aan alle Namibiese kinders te verskaf.



Die projek takel drie uitdagings: Sigprobleme (gesondheid), finansiële behoeftes en verbeterde onderwys.

Navorsing toon dat 80 persent van kinders oor die hele Afrika heen sukkel om te leer weens behandelbare oogprobleme.

Die projek is by drie skole van stapel gestuur, naamlik die Sekondêre Skool Jan Jonker Afrikaner, Hoërskool Hage Geingob en Windhoek Hoërskool, en Sanlam wil dit 'n jaarlikse instelling maak.

Sanlam se hoofbestuurder van openbare en korporatiewe ondersteuning, mnr. Evans Simataa, het gesê: "As 'n verantwoordelike korporatiewe burger is Sanlam daartoe verbind om 'n verskil in die lewe van Namibiërs te maak. Alhoewel dit die eerste van sy soort vir Sanlam is, hoop ons om so lank as moontlik met hierdie projek voort te gaan. Ons weet daar is 'n groot behoefte aan hierdie soort diens en baie ouers en voogde kan dit nie bekostig nie. Dit veroorsaak dikwels dat hul kinders nóg erger oogprobleme en leerprobleme ontwikkel.”

Torga Opticial se eienaar, me. Jana Kotze, het gesê hulle is ook daartoe verbind om minderbevoorregtes te help. "Ons ploeg met graagte terug en wil ons deel vir ons gemeenskappe doen."

Torga Optical sal vir twee dae mobiele toetsstasies by die skole hê en leerlinge se oë toets. Diegene wat 'n bril moet kry, sal 'n koepon ontvang wat hulle na enige Torga Optical in Windhoek kan neem vir verdere toetse waarna die bril verskaf sal word.

KASSIE

Oogwenke:

1. Eet wortels - dit bevat vitamien A wat goed is vir jou oë.

2. Doen oogoefenininge. Rol jou oë, kyk af, op, en heen en weer. Sprinkel minstens drie keer per dag 'n bietjie water op jou oë. Dit sal jou oë laat ontspan.

4. Maak jou oë toe vir ’n minuut of twee om dit 'n ruskans te gee.

5. As jy 'n bril dra, haal dit af vir ’n paar minute elke dag om die tyd wat jy dit dra te verminder.

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!