Noordelike paaie gerehabiliteer
Noordelike paaie gerehabiliteer

Noordelike paaie gerehabiliteer

Slaggate word gevul
Gerine Hoff
Catherine Sasman – Die regering sal binnekort begin met herstelwerk aan plattelandse paaie in die Oshana-, Oshikoto-, Omusati- en Kunenestreek wat gedurende die laaste vloede vernietig is.
In Oshana word 108,8 km op die D3643 reggemaak.
Meer as 40 km op die D3645 tussen Engoyi en Oothadhambuku wat die Omusati-, Oshana- en Oshikotostreek deurkruis, sal ook herstel word. In dié streke word die 23,23 km-pad tussen Omaputu en Okapya sowel as die D3637 suidwaarts van Ongongo herstel.
In Kunene word 193,33 km van die D3700 van Opuwo oor Okangwati tot naby Ruacana-Oshifo herstel.
Die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), wat die kontrakte hanteer, sê die dreineringsinfrastruktuur sal verbeter word. Die NPC sal op 25 Augustus kontrakte met tenderaars vir die herstelwerk onderteken.
Geld vir die projek is onder die 10de Europese Ontwikkelingsfonds (EDF) beskikbaar gestel en word onder die toesig van die Paaieowerheid (RA) uitgevoer.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!