’n Goue jaar vir Parkies
Skolefokus
Pionierspark Primêre Skool
Jeanette Diergaardt
Pionierspark Primêre Skool, beter bekend as Parkies, het sedert 1972 beginsels van harde werk by leerlinge gevestig.
Op 12 Januarie 1972 het die skool met ’n skamele 362 leerlinge begin en het tans 1 372 leerlinge met ouers wat elke jaar hoop om hul kinders die leuse van “Glo en werk” te leer.
Die department van onderwys het die skool gestig, en volgens Aneen Engel, een van die skoolraadslede sowel as Parkies se woordvoerder, is dit die enigste skool wat sy van weet wat ’n trustsfonds gestig het. Sy meen ook Parkies is een van die min staatskole wat onderwysassistente het.
Die skool onderrig leerlinge vanaf preprimêr tot graad 7 en is tans ook die enigste skool wat ’n leerling akkommodeer wat gesiggestremd is.
Sedert die skool se ontstaan was daar ’n voorval wat amper in tragedie geëindig het en een wat noodlottig was.
In 2007 gedurende ’n toer na Suid Afrika het die bus se remme probleme op die bekende Van Rhyns-pas gegee.
“Die bestuurder moes die bus teen die bergkrans rem,” het Engel gesê.
Niemand is in die voorval dood nie, maar wel die volgende dag toe een van die leerlinge op Strandfontein verdrink het. Hulle het nooit sy liggaam gevind nie.
Ten spyte van dié tragiese tyd vier die skool 50 jaar van sukses en welvaart.
Akademiese sukses bly een van die skool se doelwitte sowel as gesonde kulturele en buitemuurse sportaktiwiteite.
Die skool sien uit na ’n toekoms met tegnologiese vooruitsigte sowel as om ’n besondere jaar van aktiwiteite te reël wat hul 50ste bestaansjaar sal vier.
LIEFDADIGHEID
Op Valentynsdag vanjaar het die leerlinge uit hul pad gegaan om liefde aan die diere by die Dierebeskermingvereniging (DVB) te betoon.
Leerlinge het gewone klere op Valentynsdag gedra en in plaas daarvan om geld te betaal, het hulle honde- en katkos aan die skool geskenk wat dit aan die DBV oorhandig het.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article