Leerlinge kry tweede kans

Octavia Tsibes
In 'n poging om dit te bekamp, het die liefdadigheidsorganisasie Men on the Side of the Road (MSR) 10 graad 10- en 12-leerlinge gehelp om te registreer om hul skoolloopbane te voltooi.

Dít is deur me. Hilya Kambanda, MSR se opleidings- en openbare koördineerder, by die organisasie se eerste gemeenskapsvergadering in Windhoek verlede week bekend gemaak.

MSR is in 2007 by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste as 'n liefdadigheidsorganisasie geregi­streer, en tans is 1 272 lede deel van dié organisasie.

Een van hul mandate is om lede te ondersteun deur hulle te help om by opleidingsinstansies in te skryf en hul studiefooie te betaal.

Die organisasie het twee takke - een in Windhoek en een op Swakopmund.

Sertifikate en lidmaatskapskaarte word toegeken aan lede wat werkwinkels oor lewensvaardighede en geldbestuur voltooi.

MSR fasiliteer ook 'n verhouding met potensiële werkgewers as deel van sy aanstellingsprojek.

Verlede jaar is 98 lede deeltyds aan­gestel en 26 voltyds. In 2017 is 78 lede opgelei in vaardighede soos lood­gieterwerk, verfwerk, messelwerk, vurkhyserbestuur, huisbestuur, ­modeontwerp, motorwerktuig­kundigheid, sweiswerk, noodhulp, entrepreneurskap, basiese Engels en rekenaarvaardighede.

Hierdie 78 lede sluit ook lede in wat geregistreer is om hul graad 10- en 12-punte te voltooi of te verbeter.

“Bank Windhoek is een van ons ­vernaamste borge.

MSR se hoofdoel is om werklose mense te bemagtig, op te lei en te help werk vind. Ons is op die regte pad, maar baie moet nog gedoen word,” het Kambanda gesê.



Lede vertel:

Die 29-jarige me. Paulina Simon sê: “Toe ek die eerste keer hier ­aangekom het, het MSR my as werksoeker ­geregistreer en ook vir my opleiding in huisbestuur betaal. Dit het my ­welstand en vooruitsigte verbeter.”

Me. Rosalia Amuntenya, 'n nuwe lid wat vanjaar haar graad 12-punte wil verbeter, het MSR vir die geleentheid bedank. Mnr. Oscar Endjala sê hy is 'n trotse MSR-lid.

Hy was deel van die groep wat MSR aanbeveel het om Bank ­Windhoek te ondersteun in hul Appels vir Kanker-projek, asook hul BizzKids-­kompetisie verlede jaar.

Mnr. Johannes Fillipus en mnr. Andreas Samwel, het verlede week geldbestuur- en lewensvaardigheidsertifikate ontvang.

“Ek weet nou hoe om te begroot. As ek aanhou om in myself te belê, gaan ek in staat wees om voor­siening te maak vir my twee dogters se toekoms,” sê hy.

MSR se veldbeampte, mnr. Thomas Shilongo, sê daar is niks beter as om met mense te werk nie.

“Dit is hoekom ek die afgelope 10 jaar hier is,” sê hy.

Me. Sanet de Waal, Bank Windhoek se hoof van korporatiewe ­maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede, sê: “Die skep van werksgeleenthede vir werklose ­Namibiërs is een van die fokusareas van Bank Windhoek se maatskaplike beleggings. Bank Windhoek is trots om met MSR geassosieer te word.”

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!