Leerling gee rigting aan sy drome

’n Jong boer op Keetmanshoop is reeds hard aan die werk om sy boerdery op te bou.
Mariselle Stofberg
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop





Jurgens Coetzee is ’n graad 10-leerling aan Keetmanshoop Privaatskool (KPS) wat reeds op die jong ouderdom van 16 sy passie vir boerdery uitleef.

Coetzee is in Bloemfontein gebore en het eers in Maart vanjaar boerdery ernstig aangepak om homself besig te hou.

Tans boer hy met bokke op hul plaas wat 15 km buite Keetmanshoop geleë is en sê hy het aanvanklik met net vyf bokke begin. Sy vee het reeds tot 40 ooie en een ram toegeneem.

Coetzee sê hy geniet dit om te sien hoe die diere in sy sorg beide fisiek en in getalle groei en die potensiaal van die vee om vir hom en sy gesin te help.

Coetzee wil aanhou doen wat hy doen sodat hy vir ander kan wys jy is nooit te jonk om boerdery en landbou op te neem nie.

“Jong mense moet nie wag tot hulle klaar is met skool om in ’n landbourigting te beweeg of boerdery op te neem nie. Jy kan klein begin en dit bly groei,” sê dié jong boer.

Coetzee bedryf die boerdery saam met sy broer wat tans ’n eerstejaarstudent op universiteit is. Die broers deel die wins wat hulle maak met die verkoop van hulle vee.

HANDHAAF ’N BALANS

Coetzee sê al is die voordele van landbou en boerdery baie, plaas dit soms bykomende druk op hom.

“Ek dink een van my grootste uitdagings is om ’n balans tussen my skoolwerk en boerdery te handhaaf en seker te maak beide kry ewe veel aandag.”

Ná skool beplan Coetzee om iets in ’n landbourigting te studeer sodat sy besigheid kan aanhou groei.

Coetzee glo daarin om inisiatief te neem, elke geleentheid aan te gryp wat die lewe hom bied en oplossings te vind wat nie net vir homself kan help nie, maar ook sy gemeenskap.

“In die begin van die jaar het Jurgens van die skool se onderwysers genader en gevra of hy aan ’n boomplantkompetisie kan deelneem en hulle het ingestem. Hy is iemand wat in enigiets wat met landbou of boerdery te doen het, betrokke sal raak,” sê me. Mia Nolte, een van Coetzee se onderwysers.

Coetzee het ook reeds sewe klein boompies in sy straat geplant en waarvoor hy ook water gee.

Coetzee hoop om ander jongmense aan te moedig om ook so gou as moontlik hul drome en passies na te jaag.

“Dit is nooit te vroeg of te laat om dít te begin doen waarvoor jy lief is en jouself die geleentheid te gee om dit in ’n besigheid te laat groei nie. Jy kan nooit genoeg leer nie,” sê hy.

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!