Klein, maar bekwaam
Klein, maar bekwaam

Klein, maar bekwaam

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

Rocky Crest Hoërskool is vanjaar nege jaar oud en in hierdie tyd het hulle baie veranderinge ondergaan. In 2008 het die skool sy lewe begin as die Windhoek Sekondêre Projekskool, met 57 leerlinge, vyf onderwysers en een instusionele werker. Aan die stuur van die skool die afgelope nege jaar, deur sy transformasie na Rocky Crest Hoërskool, is mnr. Alban Kloppers.

Rocky Crest Hoërskool is geleë tussen die rotse, heuwels en valleie van westelike Windhoek. Die visie van die skool is om invloedryke, produktiewe landsburgers in die velde van akademie, kultuur leierskap en sport te ontwaak.

Volgende jaar vanaf 28 Februarie tot 4 Maart 2018 sal die skool hul tiende bestaansjaar vier en hulle sal die fees met 'n gala dinee afskop. "Ons het groot planne vir die skool, ons wil volgende jaar se geleenthede gebruik om fondse in te samel sodat ons nodige bouwerk aan die skool kan voltooi", sê mnr Kloppers.

Mnr Kloppers het gesê dat hulle die skool ingang wil opknap deur die skool se visie en missie op die ingang te verf. Hulle wil ook in elke klas ‘n plafon installeer.

Die skool wil egter ook aan hul leerlinge meer geleenthede bied. "Ons wil van volgende jaar af op opvoedkundige toere gaan, om die leerders te wys hoe hul skoolwerk bydrae tot vaardighede waarvan hulle ‘n loopbaan kan maak. Op daardie manier sal die leerlinge hul skoolwerk beter verstaan”, sê Kloppers.

Leerlingraad

"Ons is nou nege jaar oud maar ons het twee skoolbuse en 'n volledig toegeruste rekenaarlaboratorium, wat baie ander skole nie het nie. Dit wys net dat ons 'n skool is wat mooi saam werk”, sê Darren Mwala, ‘n leerlingraadslid.

Renè Tjazerua, ook ‘n leerlingraadslid het gesê: "Behalwe dat die skool jonk is, is daar 'n aantal dinge waarop ons trots kan wees, alhoewel jy dit nie saam met jou dra as jy vertrek nie. Die skool het byvoorbeeld ‘n uitruilprogram met buitelandse skole en die ervaring daarvan is eintlik goed vir die hele skool”. Die skool het ook maatskaplike klubs wat vir hulle help om akademiese skoolwerk en buitemuursie aktiwiteite te balanseer.

“Die skool kan hoe klein wees, maar ons kan baie doen omdat ons saam staan as ‘n skool”, sê Alonashka Belokon, 'n leerlingraadslid en adjunk-junior burgemeester van Windhoek.

Pauline Tjihukununa wat ook op die leerlingraad dien, is trots op die skool se geskiedenis en opgewonde oor hul toekoms. "Ons skool is wat ek beskryf as ‘risk takers’. Ek gebruik nie ons nege jaar bestaan ??as 'n verskoning vir enige gebrek aan prestasies nie. Met tyd saam sal ons beslis bo uit kom”.

Comments

Namibian Sun 2025-01-08

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!