King Price
King Price

King Price

‘n Moeilike jaar, met strawwe ekonomiese gevolge. Hoe gaan dit by King Price?

Onder die unieke huidige ekonomiese omstandighede gaan dit goed met ons, aangesien Namibiërs en Namibiese besighede nou nog meer baat by die laer premies wat ons aanbied.

Ons fokus by King Price was om van dag 1 af oorlog te voer teen hoë premies en ook wêreldklas diens te bied. Waarde vir geld gelewer deur Namibiërs, in Namibië, is ons kern.

Met 6 takke landswyd, 70 werknemers en 10 000 kliënte is ons baie gelukkig met ons vordering.

Die relevansie van ons besigheidsmodel, in ’n wêreld wat vinnig en konstant veranderinge ondervind, asook die finansiële oplossing wat ons bied in uitdagende ekonomiese tye, is wat ons onderskei.

Hoe gesofistikeerd is ons versekeringsindustrie in vergelyking met die res van die wêreld?

Namibië het een van die mees gesofistikeerde en gevorderde versekeringsindustrieë in die wêreld. Ons kompeteer regtig met die beste daar buite! Dis ongelooflik hoe vinnig tegnologie ontwikkel en hoe dit bydra tot verbeterde dienslewering, vergemaklikte besigheidshandelinge en kostebesparings, wat dan natuurlik lei tot laer premies vir kliënte.

Wat is julle visie vir King Price?

Ons prioriteit is om die versekeringsmark te ontwrig in Namibië ter voordeel van ons kliënte. Dit is ons droom om vir elke Namibiër en Namibiese besigheid ’n goedkoper premie te kan bied deur middel van ons koninklike diens, of dit nou persoonlike, besigheids- of gespesialiseerde versekering is.

Ons sal dan ook in die nabye toekoms ons basis wil gebruik om in lewensversekering en verder in Suider-Afrika uit te brei.

Maar ter opsomming ... geld praat en prys maak saak. Laer premies is ons leuse, veral in moeilike tye soos dié.

Comments

Namibian Sun 2024-11-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!