Japan ondersteun Laerskool Auas
Op 30 Oktober is die nuwe skoolblok by die Laerskool Auas in Katutura oorhandig wat die Japannese regering deur middel van sy Grant Assistance for Grassroots Human Security (GGP)-projek gefinansier het.
Octavia Tsibes
Laerskool Auas is in 1969 gestig. Dit akkommodeer tans 1 522 leerlinge van preprimêr tot graad 7 en het 48 onderwysers. Die skool is geleë in een van die arm woonbuurte in Windhoek waar die bevolking vinnig groei.
Ten einde die drastiese toename in leerlinge te akkommodeer, gebruik die skool die peloton-stelsel (oggend- en middagsessie) wat gehalte-onderwys beperk.
Derhalwe het die regering van Japan 'n lening van N$829 000 toegestaan om die skoolblok te bou wat uit vier klaskamers en 'n stoorkamer bestaan. Die nuwe blok sal 144 leerlinge in graad 2 huisves wat tans die middagsessie bywoon. Met die hulp kan die skool die peloton-stelsel uitfaseer en 'n bevorderlike, opvoedkundige omgewing vir die leerlinge bied.
Japan het in 1997 die GGP in Namibië geïmplementeer. Sedertdien is 49 projekte ten bedrae van ongeveer N$34 miljoen ondersteun, en die Laerskool Auas is die 31ste skool wat hierby baat.
Onderwys is een van die prioriteitgebiede vir die regering van Japan. Met die uitbreiding van die GGP in Namibië word gepoog om 'n direkte en onmiddellike impak op die welsyn van benadeelde gemeenskappe deur middel van relatief klein ontwikkelingsprojekte in onderwys, landbou en gesondheid te bewerkstellig. Dié projekte moet dan deur organisasies sonder winsoogmerk en plaaslike owerhede geïmplementeer word.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article