IUM skop akademiese jaar af

Die International University of Management (IUM) in Namibië is vasbeslote om vaardighede van die 21ste eeu aan hul studente te bied.
Michelline Nawatises
Michelline Nawatises

Die IUM in Namibië het op 12 Februarie amptelik hulle deure vir die nuwe akademiese jaar by hul hoofkampus oopgemaak. Professor David Namwandi, die stigter en voorsitter van die beheerraad, het beklemtoon die universiteit is vasbeslote om vaardighede van die 21ste eeu aan hul studente te bied wat hulle ten volle sal toerus as die land se toekomstige entrepreneurs en innoveerders.

“IUM beloof om weereens vanjaar voort te gaan met die indiensneming van studente, as deel van ons bydrae tot die skepping van internskap-geleenthede vir studente,” het Namwandi bygevoeg.

Hy het verder bygevoeg dat IUM glo jeugonderrig is ’n gedeelde verantwoordelikheid, en dat die regering hierdie opsig ondersteuning nodig het.

Hy beklemtoon dat, indien die universiteit beoog om ’n betekenisvolle impak op die omgewing en sosiale welstand van die gemeenskap te hê, moet kreatiewe en innoverende studente opgelei word wat by die veranderinge van die vierde industriële revolusie kan aanpas.

Mnr. Lloyd Sikeba, die voorsitter van die universiteit se studenteraad, het tydens die geleentheid ’n boodskap aan vanjaar se finalejaarstudente gelewer. “Die eindstreep is nader as wat julle dink, so moenie tou opgooi nie. As jy nie meer kan hardloop nie, loop jy. As jy nie kan loop nie, kruip jy. Maak net seker jy bereik die eindstreep.”

Sikeba het die woorde van die stigter van die universiteit herhaal: “Ons sal ’n nasie van groot denkers wees wat baie kan bereik. ’n Nasie wat ons hulpbronne versigtig en ekonomies sal aanwend.”

Die visekanselier, professor Oladele Arowolo, het tydens sy toespraak die transformasie en groei wat die IUM ondergaan het, beklemtoon. Die universiteit het begin as ’n “onderrig-instelling” en intussen gegroei tot ’n onderrig- en navorsingsinstelling van akademiese uitnemendheid.

“Ons tema vir die 2020-akademiese jaar is ‘rethinking performance and impact’. Ons wil hierdie raamwerk gebruik vir die ontwerp van ons strategiese plan vir die 2020-2025 periode om ons vordering en uitsette in die konteks van ons veranderingsbeleid te meet,” het Arowolo verder gesê.

Hy het verder bygevoeg dat IUM entrepreneurskap-kursusse as deel van alle kwalifikasies van die verskeie fakulteite sal integreer om nie net kreatiwiteit aan te moedig nie, maar ook selfindiensneming moontlik te maak. “Ek wil alle studente aanmoedig om hierdie unieke geleentheid tot hulle voordeel te gebruik.”

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!