Islam op Oshakati
Islam op Oshakati

Islam op Oshakati

Bekeerlinge heg waarde aan die leefwyse
Gerine Hoff
Catherine Sasman – “Wanneer mense die ware identiteit van Islam ontdek, begin hulle belangstel,” sê die relatief nuwe bekeerling van die Moslem-geloof, mnr. Masjid Al-Nuur (wat ‘die lig’ beteken) buite die klein moskee langs Oshakati se besige hoofpad.
“Islam is nie soos enige ander godsdiens nie; dit is ’n leefwyse,” sê Al-Nuur.
Al-Nuur en sy vriend Jesaya (Moesab) Haimbodhi is van die talle jong Namibiërs wat tot dié geloof bekeer het en tans Islam in Suid-Afrika en Saoedi-Arabië bestudeer.
Volgens sjeik Galiefa Rajab is daar tans tussen 1 000 en 2 000 Namibiërs in die noorde van die land wat Moslem is. Die Oskakati-gemeente, wat hy tussen 4 000 en 5 000 reken, kom hoofsaaklik uit Suid-Afrika, Egipte en Kenia.
Galiefa sê Islam in die Noorde was aanvanklik deur Moslem-handelaars van Suid-Afrika, in besonder mnr. Fysal Brenner van Fysal Fresh Food, bekendgestel.
Die Islamitiese teenwoordigheid het posgevat gedurende Namibië se onafhanklikwording toe Moslems verbonde aan die Verenigde Nasies se Oorgangbystandsgroep (Untag) aktief hul geloof beoefen het terwyl hulle hier was.
Namibiërs wat uit ballingskap teruggekeer het wat opleiding as vryheidsvegters in Algerië en Libië ontvang het, was toe reeds vertroud met Islam; dit was dus nie ’n wildvreemde verskynsel nie.
Brenner – of Fysal, soos hy bekend is – het aanvanklik sy agtertuin aan die Moslem-geledere wat ’n vergaderplek en plek van aanbidding gesoek het, beskikbaar gestel voordat die klein moskee in 1993 gebou is.
Nuwe uitbreidings is oor die jare aangebring om vir die groeiende aantal aanbidders plek te maak. ’n Preekstoel (’n “mimbar”) wat deur 'n Untag-lid van Maleisië by die moskee agtergelaat is, staan steeds daar as herinnering van die vroeë begin.
“Ondanks die taalgrens is ons besig om te groei,” sê die Keniaanse Galiefa. “Namibiërs is baie vriendelik en verdraagsaam teenoor ander gelowe. Hulle is gretig om te leer.”
Hy meen armoede en misbruik van alkohol en dwelms veroorsaak dat ’n dringende soeke na alternatiewe is.
Galiefa erken dat veral Moslem-vroue ’n sekere mate van intimidasie ervaar. Hy sê in die algemeen is daar groot aanvaarding.
“Daar was nog geen fisiese aanvalle nie,” sê hy.
Wat Al-Nuur na die Moslem-geloof oorgehaal het, was die gevoel wat hy ervaar het toe hy die eerste keer sien hoe Moslems bid. “Ek het gevoel asof ek iets in my hart ontdek het,” sê hy. “’n Nuwe lig het vir my geskyn.”

Comments

Namibian Sun 2025-01-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!