Integreer, innoveer en floreer
Integreer, innoveer en floreer

Integreer, innoveer en floreer

Enzo Amuele
Die sesde forum van die Streek- Psigomaatskaplike Ondersteuningsnetwerk (REPSSI) is bekend gestel.

“Hoe werk ons hand aan hand met die regering, streekrade sowel as die private sektor om psigomaatskaplike ondersteuning deel te maak van die alledaagse programme vir die jeug?” So vra die uitvoerende hoof van REPSSI.

Dié forum se fokus is om psigomaatskaplike ondersteuning sowel as ’n gesonde geestesgesondheid vir die jeug te bewerkstellig.

REPSSI het die sesde konferensie op 18 Augustus aangekondig. Mosambiek bied vanjaar se konferensie aan en dit vind van 13 tot 15 Oktober plaas.

Verskeie navorsers gaan hul oorsigte by die konferensie deel. Die nuutste navorsing sal die psigomaatskaplike steun en die jeug se geestesgesondheid op die voorgrond plaas. Dit sal geskied teen die agtergrond van Covid-19.

Volgens navorsing het tienerswangerskappe tydens Covid-19 toegeneem en dit is vir leerlinge uit arm huishoudings ’n ontsnapping van daaglikse armoede om skool toe te gaan.

REPSSI het bevind Covid-19 het omstandighede vererger. Die forum wil hê die jeug moet hul opinies lug en sal navorsers sowel as praktisyns saambring wat daagliks met kinders werk.

Die organisasie doen ’n beroep op die regering en die media om verskeie idees van Suider-Afrika sowel as Oos-Afrika saam te bring om die psigomaatskaplike welsyn van Afrika te bevorder.

Dertien lande uit Suider- en Oos-Afrika vorm deel van REPSSI, insluitend Namibië. Die doel van die platform is om vir die jeug ’n geleentheid te bied om hulle ervarings en idees te deel sodat die gemeenskappe kan floreer. Die afgelope vyf jaar het REPSSI konferensies in Afrikalande gehou veral om die geestesgesondheid van die jeug onder die aandag van regerings en gemeenskappe te bring.

Kinders van die betrokke lande gaan die geleentheid kry om die konferensie in Maputo, Mosambiek, by te woon. Die konferensie sal ook virtueel plaasvind. Die REPSSI sal voor Oktober meer inligting oor die veldtog verskaf.

Comments

Namibian Sun 2025-01-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!