Hoër onderrig skep kultuur van samewerking
Twee instellings van hoër onderrig het ’n memorandum van begrip onderteken om gesamentlike projekte aan te pak wat vir beide partye voordelig sal wees.
Ester Kamati
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) het ooreengekom om saam te werk aan gesamentlike projekte om voordele vir beide instellings se belangegroepe te verseker.
Die twee instellings het verlede Woensdag ’n memorandum van begrip onderteken.
Dié ooreenkoms sal voordele op die gebied van gesamentlike navorsing en programontwikkeling inhou, sê me. Anneli Willemse, uitvoerende direkteur van gehalteversekering by Nust.
“Op die lange duur sal hierdie memorandum nie net akademiese samewerking verseker nie, maar ook bydra tot versterkte werksverhoudings en nuwe netwerkgeleenthede,” sê sy.
Volgens Namcol se uitvoerende hoof, mnr. Heroldt Murangi, het die verhouding tussen Namcol en Nust in Augustus 2009 reeds begin.
Namcol het voorgestel die destydse Politegnikum van Namibië, vandag bekend as Nust, erken Namcol se kommunikasiekursus en dat studente wat die kursus reeds voltooi het, vrystelling vir Engels by Nust kry.
Dié voorstel is verlede Woensdag goedgekeur en onmiddellik in werking gestel.
“Weg is die dae van mededinging,” het Murangi gesê.
Hy het gesê beide instellings word deur dieselfde regering befonds en moet hulpbronne deel. Murangi gaan toesig hou oor vordering wat gemaak word.
“Hierdie inisiatief sal betekenisloos wees as dit nie versterk word deur doelbewuste pogings om die vennootskap te bevorder nie”.
Mnr. Mornè du Toit, Nust se waarnemende visekanselier, sê die twee instellings deel reeds hulpbronne soos personeel. Hy sê hierdeur kan die instellings gesamentlik tot die bereiking van nasionale ontwikkelingsdoelwitte bydra.
“Die skep van ’n onderrigomgewing waar samewerking moontlik is, kan ’n gemeenskap bou van individue wat omgee en saamwerk om een gemeenskaplike doel te bereik,” sê hy.
Volgens Du Toit is daar ’n behoefte aan ’n kultuur van samewerking.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article