Hollard skenk N$ 450 000 aan Amos Meerkat
Johan Deysel en Judie Wiese, vrywilligers van Amos Meerkat projek wat die geleentheid gee om ’n kleuterskool op sy plaas te begin, sodat elke voorskoolse kind op elke plaas in Namibië die kans sal hê om sy/haar Verlosser te leer ken deur middel van Christus-gesentreerde onderwys en om skoolgereed te...
Michelline Nawatises
Die Amos Meerkat-leerplan fokus op kinders wat nie toegang tot preprimêre staatskole het nie.
Hollard Versekeringsmaatskappy se vennootskap met die Amos-Meerkat projek is een manier om kwesbare mense in die land te ontwikkel en op te hef.
Hollard het die afgelope paar jaar met die regering saamgewerk en 'n bedrag van meer as N$ 1,2 miljoen geskenk aan Amos Meerkat, met 'n borgskap van N$450 000 vir die Amos-projek.
Kauapirura het gesê Amos Meerkat werp goeie vrugte af en bewys dat 'n projek soos dié 'n verskil kan maak.
"Ons streef daarna om groot dinge te laat gebeur," het hy gesê.
Johan Deysel, 'n vrywilliger van die Amos Meerkat-projek, het sy dank teenoor die maatskappy uitgespreek vir hul groot borgskap aan die Amos Meerkat-leerplan.
"Die borgskap het daartoe bygedra dat groot dinge jaarliks in die lewens van 4 000 voorskoolse kinders kan gebeur," het hy gesê.
Hierdie borgskap toon Hollard se verbintenis om 'n verskil in die landbou- en landelike gemeenskappe van Namibië te maak.
"Ons glo Hollard sal die vrugte van hul bydrae in die jare wat kom, afwerp. Soos ons by Amos sê: Goeie fondamente vir goeie vrugte. Betyds, hoë standaard, geen vermorsing en met vreugde " het Deysel gesê.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article