Enigste in sy soort

Die Waldorf-skool in Windhoek is daarop gefokus om gehalte-onderrig pret te maak.
Michelline Nawatises
Evany van Wyk

Die Waldorf-skool, wat op ‘n ou plaas by Windhoek geleë is, laat die natuur deel van die skoolervaring word.

Vanaf preprimêr tot en met graad 13 bied Waldorf een van die mees unieke skoolervarings in Namibië.

Waldorf fokus op drie belangrike elemente, naamlik akademie, kunste en tegniese onderrig. Die skool bied verpligte beroepsopleiding vanaf graad 8 aan.

Lesse is daarop gemik om leerlinge tot hul volle potensiaal te ontwikkel.



Die skool aanvaar diegene wat by ander skole onsuksesvol in die Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC)- of Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC)-eksamens was. “Dit is iets wat ek glo almal in Namibië moet weet, sodat ons vir hierdie leerders ook ‘n tweede kans kan gee,” sê me. Retha Landsberg, die hoof van die skool se eksamensentrum.

Me. Kathleen Damon, die skoolhoof, is die afgelope 29 jaar ‘n onderwyser. Wat volgens haar die skool uniek maak, is dat die leerlinge tot in graad elf almal dieselfde vakke het. Sodoende kry hulle die geleentheid om dieselfde vaardighede aanleer.

Sy sê baie leerlinge sukkel met geletterheid en dit wil sy graag verander. “Tegnologie maak dat kinders nie meer wil lees en skryf nie, maar eerder ure op sosiale media deurbring. Dit maak dit moeilik om aan literatuur aandag te gee en dit is waarop ek wil fokus,” sê Kathleen.

Die skool bied ook Etimologie aan. Daarmee word kinders geleer om vir terapeutiese doeleindes hul fisieke bewegings met geluide te assosieer.

Duits as vak is vir Waldorf baie belangrik omdat dit die kind meer geleenthede in die toekoms bied wanneer hulle uitgaan in die wêreld, meen me. Heidrun von Koenen, een van die onderwyseresse.

In graad 13 lê die leerlinge hulle NSSC-eksamens af. Een van die uitdagings wat Veihamisa Kaenda, die hoofdogter vir 2019, genoem het, was die oorgang van die Waldorf-leerplan na die Namibiese een. “Ek dink ons moet ‘n bietjie meer daaraan aandag gee van graad 1 tot 12,” meen sy. Festus Garoëb, die hoofseun, het dit beaam.

Ope dae word gehou waartydens ouers die skool kan besoek en sien watter opleiding gebied word. Waldorf nooi belangstellendes uit op 28 en 29 Mei vanaf 07:00 tot 13:00 ‘n draai te kom maak.

Comments

Namibian Sun 2024-11-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!