Eksamentyd is vasbyttyd by WAP
Sareez Basson
Op 10 November 2017 het die eksamens vir die leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) aangebreek.
Dit sal drie weke duur en met ‘n gejuig eindig op 28 November wanneer die lang Desembervakansie sy opwagting gaan maak. Die graad 12's het reeds op 23 Oktober met hul eindeksamen begin. Hierdie is ‘n liminale fase in die leerlinge se lewens, want hulle almal is onseker oor die toekoms en veral oor dit wat buite die skool op hulle wag. Dis nou dat graad 12’s besef hul lewens gaan vir ewig verander.
Caro Horn (16), gr. 9-toppresteerder van 2016, sê dat eksamens vir haar ‘n stresvolle tyd van die jaar is, maar dat sy ontslae raak daarvan deur Coke te drink en sjokolades te eet. Lida-Marié Calitz (18), gr. 12-toppresteerder van 2017, glo weer dat om te oefen met streshantering help. Bernhardt Wessels (17), Caro Horn, Anja Pretorius (18) en Lida-Marié Calitz glo dat om te blok, goed vir die leerders is - solank hul selfbeheersing het.
Anja Pretorius leer heeldag vir haar eksamens en tot ‘n hele naweek lank vir Biologie. Sy skryf tans haar matriek-eksamen en beveel leerders aan om hard te werk in hul matriekjaar, nie werk uit te stel nie en op jou klasmaats vir ondersteuning staat te maak. Sy moedig leerders ook aan om hulle laaste jaar van skool te geniet en elke funksie by te woon. “Ek is bly ek was al die jare in WAP omdat dit ‘n IEB-skool is wat ‘n mens voorberei vir jou grootmenslewe deur jou te dryf om buite jou gemaksone te presteer. Dis baie hartseer om WAP te verlaat omdat dit voel asof ek my familie vir ewig groet,” het Anja ook bygevoeg.
Die tyd is definitief nie net angswekkend vir leerders nie, maar ook vir hul onderwysers. Juffrou Joané Gouws, Engels Huistaal-onderwyseres, erken dat sy gespanne voel tydens eksamens omdat sy hoop haar leerders presteer goed en werk hard. Sy sê ook: “Hierdie jaar se groep matrieks is vir my besonders, want hulle was graad agt toe ek begin skoolhou het, so ons het regtig ‘n pad saam gestap. Ek is hartseer dat hulle nou die grootmenswêreld gaan betree, maar is ook saam met hulle opgewonde oor die opwindende tye wat nou vir hul voorlê en ek wens elkeen net die beste toe.”
Daar is geen twyfel dat elke leerder, onderwyser en ouer senuweeagtig tydens eksamens voel nie, maar daar is hoop. Lida-Marié inspireer ons om volgens haar motto te leef: “Bid asof jy nie geleer het nie en leer asof jy nie gebid het nie.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article