Eksamenkind
Wiaan Louw
“Eksamen, eksamen, eksamen,” sug ek.
Ja, dit is al weer hierdie tyd van die jaar, die einde is amper in sig. Tog so naby. Tog so ver.
In hierdie tyd van moedeloosheid en angs dink ek aan Ingrid Jonker se gedigte. Dit spoel in my kop, laat my met ‘n slag onthou van die realiteit, en hartseer keer ek terug na my geografie-leerbundel. “In my slaap sien ek klein hande en snags die wit vuur van jou tande: Wonder ek sidderend oor en oor - Het jy die kind in my vermoor?”
Waar is die dae toe ek die maaltafels vir wiskunde moes leer en nie die driehoeke van sin, kos en tan nie? “Dit is die laastes vir die jaar!” moet ek myself herhaaldelik herinner.
Maar in die middae wanneer die see my roep ”Kom! Kom swem in my, ek sal al jou stres ver weg spoel!” dan moet ek mooi met myself praat om eers ná behoorlike leer in te gee en myself in die koue Atlantiese Oseaan te gaan laaf.
Ek kan nie help om te wonder nie - waar is die dae toe ek naweke om op my negende rugwerwel gelê en lees het? Dit laat my dink, die kind in my is werklik vermoor. Vervang met stres en angs, vraestelle en onverstaanbare snelheidgrafieke. O, so min tyd vir lag en vriende. Waar is die kind in my dan nou?
Ek hoop die res van my medeskoliere stem saam met my dat eksamens nie die fraaiste tyd van die jaar is nie. Hopelik wag julle ook in afwagting vir die Desembervakansie. Dink daaraan - dit is al deur wetenskaplikes bewys dat jou brein beter funksioneer as jy aktief is; dus kan dit geen skade aanrig as jy ná ’n strawwe leersessie ‘n draffie vang nie. Dit help ook jou brein ontspan; dus moet jy asseblief nie dink hoe gaan jy jou drafroetine op ’n snelheidgrafiek teken nie. Dit sal egter help as jy ’n vriend of twee saam nooi – om te lag maak nooit seer nie.
Elke dag is ’n dag nader aan die einde! Dit is die jongste wat jy ooit gaan wees en die oudste wat jy nog ooit was! Maak die meeste van jou dag, want wat jy vandag doen, bepaal jou môre en jou oormôre. Soos my voormalige koshuismoeder altyd gesê het:” Waar daai sug val, groei niks!” So, glimlag eerder en dink aan Desember se branders. Vat die boeke vas om vinniger daar uit te kom.
Die kind in ons is nie dood nie, hy slaap net. Hy wag in afwagting vir wanneer die laaste skoolklok lui en hy weet - nou is dit vakansie! Dan, met hernude energie baljaar ons in die strate en vergeet van die plooie wat hierdie eksamen vir ons gegee het.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article