• Home
  • YOUTH
  • Duitsland belê in ­plaaslike sport, ­onderwys

Duitsland belê in ­plaaslike sport, ­onderwys

Mariselle Stofberg
Duitsland ondersteun Namibië se sport en onderwys deur betrokke instellings gereeld op klein skaal te help.

Tot dusver het die Duitse ambassade toerusting vir e-onderrig soos skootrekenaars, ontsmettingsmiddels en temperatuurmeters aan verskeie instellings verskaf.

Kleuterskole op Swakopmund en in Windhoek, skole wat deel is van die Pasch-netwerk (Delta Sekondêre Skool, Namib Hoërskool, Privaatskool Swakopmund, Martin Luther Hoërskool, Otjiwarongo Sekondêre Skool, Windhoek Hoërskool en Etosha Sekondêre Skool), Privaatskool Grootfontein, die University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) en die Basketball Artist School (BAS) het steun ontvang.



Ondersteuning aan skole

Die ambassade het veral steun aan Pasch-skole verleen om seker te maak dié skole is toegerus met die nodige middele om leerlinge en personeel te beskerm te midde van die Covid-19-pandemie.

Die Pasch-netwerk is 'n Duitse inisiatief wat meer as 2 000 skole in 120 lande verenig om hul belangstelling in die Duitse taal en kultuur te versterk.

Die ambassade het ook trampoliens, ontsmettingsmiddels, komberse en temperatuurmeters aan die BAS in Katutura geskenk.

BAS is reeds vir tien jaar besig om akademiese onderrig, vaardigheidsontwikkeling en basketbal aan jong kinders en die jeug van voorheen benadeelde gemeenskappe in Windhoek te bied.

Onder die leuse “Onderrig eerste, basketbal tweede” is BAS passievol oor sport en onderrig.

Die Duitse ambassade bly gemotiveerd om hul ondersteuning ook in 2021 te bied.

Comments

Namibian Sun 2024-12-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 21° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 23° | 37° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 35° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 34° Gobabis: 20° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 21° Rehoboth: 19° | 36° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 15° | 33° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 24° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 24° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 15° | 35° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 31° Windhoek: 20° | 34° Cape Town: 18° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 31° Harare: 20° | 30° #REF! #REF!