• Home
  • SPORTS
  • Covid laat Napso-atletiek 2021 struikel
Covid laat Napso-atletiek 2021 struikel
Covid laat Napso-atletiek 2021 struikel

Covid laat Napso-atletiek 2021 struikel

Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg



Die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) het verlede week bevestig die jaarlikse Napso-atletiekbyeenkoms vir 2021 word gekanselleer.

“Ons is opgewonde dat die jaar so normaal moontlik kon begin, maar vanweë Covid-19 word ons tog verhoed om heeltemal soos in die verlede voort te gaan en dit keer ons by Napso om met vol silinders te laat loop,” sê mnr. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso.

“Alle Napso-byeenkomste – of dit nou op akademiese, kulturele of sportgebied is – het een baie belangrike element in gemeen en dit is die samesyn; die samekoms van honderde mense van oraloor Namibië, soos een groot familie. Om daardie gevoel van saamwees en kuier te ervaar en te weet dat ons mekaar weer by die volgende byeenkoms sal sien, is onlosmaaklik deel van Napso,” het Niehaus gesê.

Die organisasie beskou die deelname en uitslae by enige Napso-byeenkoms ewe belangrik as die samekoms van Napso-vriende.

“Daarom wil ons aansluit by dit wat gesê is deur Willie John McBride, 'n voormalige rugby­kaptein van die Britse Leeus. Hy het in 'n onlangse artikel verduidelik hoe belangrik dit is om dit waarvoor jy staan, te handhaaf en om dit nie te verander wanneer besluit moet word hoe om voort te gaan met die jaar se gebeure en die Covid-19-inperkings wat ons keer nie. Die Leeus het al die dinge beliggaam wat hul lief het,” sê Niehaus.

“Die Leeus se etos gaan daaroor om jong mans bymekaar te bring, hulle verdraagsaamheid en begrip te leer deur na verafgeleë uithoeke van die wêreld te toer. McBride sê as dit nie moontlik is om (in 2021) deur Suid-Afrika te toer nie, moet die toer gekanselleer word aangesien niks so belangrik is as dit waarvoor hulle staan nie.

“Ons by Napso voel presies dieselfde. As ons net byeenkomste moet aanbied slegs dat deelname kan geskied, dan is dit nie waarvoor Napso regtig staan nie en vir ons is dit nie genoeg nie. Ons wag dan eerder dat omstandighede na normaal terugkeer.

“Om hierdie rede het ons saam met die gasheerskool, Pro-Ed Akademie, besluit om die byeenkoms na 2022 aan te skuif.”

Niehaus sê op dieselfde wyse en volgens dieselfde kriteria sal deur die loop van die jaar oor elke Napso-byeenkoms besluit word en sal dit vroegtydig aan die betrokke partye en rolspe­lers gekommunikeer word.

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!