Bewaar die jagluiperdbevolking

Ter viering van Internasionale Jagluiperddag het die Cheetah Conservation Fund (CCF) ’n inligtingsessie in Otjiwarongo aangebied om meer bewustheid onder die gemeenskap te skep oor die belangrikheid en bewaring van die jagluiperd.
Mariselle Stofberg
Ester Kamati op Otjiwarongo

Die afgelope Vrydag (4 Desember) het die CCF ’n geleentheid in Otjiwarongo se Town aangebied om die gemeenskap in te lig oor die noodsaaklikheid van die behoud van die jagluiperdbevolking in Namibië, wat ook die grootste jagluiperdbevolking in die wêreld is.

Die CCF se doelwit is om seker te maak die jagluiperds word beskerm en kan in vrede in die land voortbestaan. Die organisasie se werk sluit onder meer in bewaring, projekte en opvoeding wat skoleprogramme, boerdery-opleiding en gemeenskapsbetrokkenheid insluit.

“Ons probeer met die gemeenskap en boere werk om in vrede met jagluiperds saam te leef, want ons het almal se hulp nodig vir die bewaring van hierdie diere. Ons wil jagluiperds vir die volgende geslagte ook kan bewaar,” sê me. Monique Groenewaldt, een van die vrywilligers by die CCF.

Groenewaldt sê verder die werk met boere is veral belangrik om mens-dier-konflik te vermy, wat algemeen op plase is. Die CCF het op ‘n opwindende manier selfs die jong mense betrek deur hulle op ’n unieke manier meer van jagluiperds te leer.

Hulle kon deelneem aan ‘n vasvra en diegene wat die meeste antwoorde kon regkry het pryse gewen. CCF het die gemeenskap aangemoedig om die kennis wat hulle oor die jagluiperds opgdoen het met ander te deel en hulle deel te doen vir die bewaring van hierdie diere.

Dié dag is ook in ander lande gevier. In Duitsland is ’n virtuele draf kompetisie gehou om fondse in te samel en in Nigerië is ’n geleentheid aangebied vir die bewusmaking van jagluiperdbewaring.

Dr. Laurie Marker, die stigter van CCF, het 4 Desember as Internasionale Jagluiperddag gekies in herinnering van Khayam, ’n jagluiperd wat sy by die Wildlife Safari in Winston in Amerika grootgemaak het.

Sy het Khayam Namibië toe gebring om vas te stel of diere wat in aanhouding gebore is, kan leer om te jag. Dit is later bewys en Marker het na Oregon verhuis.

Sy het later na Namibië teruggekeer na sy besef het Namibiese boere is besig om wild van hulle plase te verwyder omdat hulle hierdie diere as ’n bedreiging beskou.

Marker het in 1990 die CCF begin met die doel om die boer-jagluiperd-konflik verder in die land te bekamp.

Comments

Namibian Sun 2024-06-02

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

#N/A Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93% #N/A