Belê in jou kinders se toekoms
Skole toelae is nie genoeg vir skole uitgawes nie.
Rivaldo Kavanga
Die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur (MoEAC) het ouers en voogde aangemoedig om in hulle kinders se lewens te belê en om skole by te staan waar dit nodig is omdat skole nie net alleen op die regering kan steun vir toelae nie. Die Ministerie het verder aangedui, die land ervaar ‘n ekonomiese laagte en die immergroeiende pryse van afleweringsdienste en skryfbehoeftes. Volgens die Ministerie is die onderwystoelaag nie genoeg om die skool aan die lewe te hou nie.
Die Ministerie het wel genoem geen kind sal agtergelaat word nie dus bemoedig die ministerie die publiek aan om bystand te bied waar nodig is in term van donasies.
Vrywillig of nie?
Volgens die Ministerie moet alle ouers wat kan bydra voortgaan om vrywillig aan skole donasies te gee. Die donasies is vir die instandhouding en verbetering van skole. Ouers het ook al hulle ontevredenheid gelig omdat die ‘sogenaamde’ vrywillige bydra nie vrywillig nie, hulle word gedwing om die fondse te betaal al is hulle nie finansiseel in staat om dit te doen nie. Die ouers het verder ook gekla oor hulle lang lys van skryfbehoeftes wat hulle moet aanskaf sowel as handboeke en ander bydraes tot die skool.
“Is geleerdheid werklikwaar verniet wanneer ons meer spandeer op onderwys wat ‘verniet’ is terwyl ons minder spandeer het in die verlede toe onderwys nie verniet was nie,” so vra ‘n gefrusteerde ma wat verkies om anoniem te bly.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article