Spog wéér met jou Griffel-gawes

Skoliere slyp skryftalent
Zoë Karsten
Die Griffel-kompetisie is ’n Afrikaanse kreatiewe skryfkompetisie waar leerders hulle gedagtes in stories neerpen en ’n kans staan om ’n kontantprys te wen.

Alle leerlinge van graad 5 tot 12 in Namibië kan weer regmaak en hul wildste kreatiewe gedagtes laat vlieg vir die jaarlikse Nasionale Waltons Griffelkompetisie, wat reeds in 2007 tot stand gekom het. Elke leerling wat binne die bogenoemde ouderdomsgroep val mag deelneem.

“Ek sien baie uit na die Griffelkompetisie omdat dit ’n kans is om woorde met emosie te skryf; om ’n werklikheid met woorde te skep. ’n Kans om ’n skryfstuk vir ’n groter doel as net skoolpunte te skryf. Ek sien daarna uit om met my skryfstuk te begin en al my klasmaats se kortverhale of gedigte te lees,” sê Lisa le Roux, ’n graad 8-leerder van Windhoek Afrikaanse Privaatskool wat baie opgewonde is om haar skryfvernuf te vertoon.

Een van haar klasmaats voeg by dat dit ’n “lekker geleentheid is om jou eie idees lewe te gee” en nie noodwendig volgens ’n voorgeskrewe onderwerp te skryf nie.

Daar is nie ’n beperking op die hoeveelheid stukke per deelnemer nie, hoewel ’n deelnemer net een prys per afdeling kan wen. Vanjaar is daar weer eens pryse op die spel met ’n kontantprys van N$1500 vir die eerste plek, N$1 000 vir tweede en N$750 vir die derde plek.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Augustus 2024. Die wenners sal einde September ingelig word en name van wenners en wenskole sal via sosiale media aangekondig word.

Navrae kan per epos gerig word aan Lynélle van der Colf by [email protected] vir laerskoolnavrae en Yandi du Plessis by [email protected] vir hoërskoolnavrae.

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!