• Home
  • My Zone
  • Nuwe uitvoerende hoof vir Walvisbaai Gimnasium
Rickert Jacobs, die nuwe uitvoerende hoof van Walvisbaai Gimnasium. FOTO VERSKAF
Rickert Jacobs, die nuwe uitvoerende hoof van Walvisbaai Gimnasium. FOTO VERSKAF

Nuwe uitvoerende hoof vir Walvisbaai Gimnasium

Aldo Horn
Dis ’n nuwe begin to die 2025-skooljaar vir Walvisbaai Gimnasium met die aanstelling van Rickert Jacobs as die nuwe uitvoerende hoof van dié Curro-kusskool.

Jacobs, met ervaring in ’n leierskapsposisie by Curro Kathu in Suid-Afrika se Noord-Kaap provinsie, bring meer as twee dekades se insig na Walvisbaai Gimnasium toe.

In ’n verklaring oor die nuwe aanstelling, sê Jacobs dat hy “die mense rondom hom wil beïnvloed sodat die “gamechangers” in die samelewing kan vermenigvuldig” en dat sy hoofonderrigsfilosofie om die bemagtiging van kollegas draai.

“Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe geleentheid om as ’n proffessionele en as individu te groei. Ek kan nie wag om hierdie nuwe skoolsisteem onder die knie te kry nie,” sê hy. “Ek sien daarna uit om nuwe mense te ontmoet en te sien hoe hulle groei en ontwikkel - beide leerders en kollegas. As ons hierop fokus, sal die resultate van selfsprekend wees,” las Jacobs by.

Jacobs het ’n B.Com (Finansiële Bestuur) van RAU, tans die Universiteit Johannesburg waar hy ook sy honeurs bekom het. Daarna kry hy ’n na-graadse sertifikaat in onderwys van UNISA. Hy het rekeningkunde, besigheidstudies, en ekonomiese en bestuurstudies onderrig as onderwyser. Jacobs het ook rugby afgerig op ’n provinsiële vlak in Suid-Afrika. Hy is ook ’n ontvanger van ’n Wêreld Rugby vlak 2 afrigterskwalifikasie.



Curro glo dat Jacobs goed sal werk om sterk verhoudings met leerders, onderwysers, en ouers te vorm. Hy sal verseker dat goeie dissipline gehandhaaf word en dat sport tot ’n hoër vlak by Walvisbaai Gimnasium kan groei.



"Ons is opgewonde om Rickert se vaardighede in aksie te sien by Walvisbaai Gimnasium," sê Colette Rieckert, besturende direkteur vir Curro Onderwys in Namibië. “Ons het ’n pragtige skool gebou wat daarop gefokus is om leerders van 'n hoë-gehalte onderwys te voorsien,” sluit sy af.

Comments

Namibian Sun 2025-01-26

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 18° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 20° | 33° Ariamsvlei: 23° | 39° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 19° Mbabane: 14° | 27° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 33° Cape Town: 20° | 23° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!