Arbeidsterapeut Charmain Beets van Swakopmund Occupational Therapy. FOTO verskaf
Arbeidsterapeut Charmain Beets van Swakopmund Occupational Therapy. FOTO verskaf

'n Tweesnydende swaard

Te veel van 'n goeie ding kan vinnig in sleg verander
Francois Pretorius
In vandag se wêreld is bekende sosialemedia-beïnvloeders bekend vir hul motiverende inhoud, maar wat gebeur as hierdie dinge te ver gaan?

Met jong mense wat deesdae al hulle inligting en ook rolmodelle op sosiale media vind, is dit te verwagte dat hulle beïnvloed word deur dit wat hulle sien. En alhoewel dinge gewoonlik goed uitdraai, te gereeld eindig dit in tieners en jong volwassenes wat hulleself seermaak - deur hulself met mekaar te vergelyk en neigings te volg wat nie noodwendig goed is nie.

Die druk van sosiale media is nie die enigste druk wat ons jeug beleef nie. Groep- en gesinsdruk speel ook 'n groot rol in hoe die jeug hulle self uitdruk. Jong mense word gereeld gebombardeer met vergelykings met hul eweknieë, veral wanneer die ander persoon as "beter" gesien word.

Liggaamsbeeld het 'n groot impak op jong mense se geestesgesondheid. Blootstelling aan onrealistiese en geïdealiseerde liggaamstandaarde kan bydra tot 'n negatiewe selfpersepsie. Sosialemediaplatforms, televisieprogramme, musiekvideo's, advertensies, flieks en videospeletjies beeld dikwels geredigeerde en gemanipuleerde beelde van mans en vroue se liggaam uit. Hierdie uitbeeldings gebruik tegnieke wat wissel van gewone "airbrushing" tot gevorderde digitale filters wat beelde skep wat veel verder gaan as die menslike voorkoms.

Hierdie kwessie moet aangespreek word om 'n veiliger en beter toekoms vir die jeug te bied. Ouers, voogde en beïnvloeders moet saamwerk om jong mense te help om onrealistiese skoonheidstandaarde te herken en uit te daag. Sosialemediaplatforms het ook 'n verantwoordelikheid om die welstand van sy gebruikers te prioritiseer deur skadelike inhoud te verwyder en liggaamspositiwiteit te bevorder.

Familie en maats speel 'n belangrike rol in die vorming van liggaamsbeeld. Positiewe versterking, ondersteunende kommentaar en gesonde rolmodelle binne die gesin kan bydra tot 'n positiewe liggaamsbeeld. Omgekeerd, kan negatiewe kommentaar en onrealistiese verwagtinge van familie en maats negatiewe persepsies van liggaamsbeeld versterk.

Comments

Namibian Sun 2025-03-03

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment