Editor Ada Kahl
Editor Ada Kahl

Editor's column

Ada Kahl
Nog ’n Waprant, nog ervaring opgedoen



Ná ons eerste uitgawe van die Waprant vroeër vanjaar het ons jong (en relatief onervare) redaksiespan se senuwees effens kalmeer. Ons was meer bewus van hoe om te werk te gaan en was opgewonde om nog 3 jong lede, Lana Sachse, Janita van Wyk en Chereé Micillo, te verwelkom en touwys te maak.

Ons is baie opgewonde oor hierdie uitgawe – ons het aktuele kwessies waarmee WAP-leerlinge daagliks gekonfronteer word aangespreek, bv. die bouwerk op die skoolterrein, die eerste toneelopvoering in 3 jaar, die laerskool se nuwe skoolhoof en die naelbytstryde waarin die Affiessportspanne hulle bevind het.

Die redaksiespan het hul joernalistieke vaardighede afgestof, opgeknap en verder ontwikkel. Ons het vrae gevra, onderhoude gevoer en navorsing gedoen. Ons het ongelukkig ’n gewaardeerde lid aan die buiteland afgestaan en ons hoop dat Jason Nel die vaardighede wat hy as Waprantlid in Singapoer sal kan inspan.

Hierdie jaar het ons baie geleer en ons hoop om hierdie kennis ook aan ons junior lede oor te dra ten einde 2023 se uitgawes ook ’n sukses te maak. Om lede van die Waprantredaksiespan te wees, was voorwaar ’n belewenis en ek dink ek praat namens elke lid as ek sê dat dit die moeite werd en hope pret was.

Alhoewel hierdie die laaste Waprantuitgawe vir 2022 is, sal Windhoek Afrikaanse Privaatskool beslis nie stil word nie.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!