
Blommetapyt: “Só lyk die blomme in die Richtersveld en Namakwaland,” sê Björn Basler.

Wonderwerk: “Vanmôre wou ek net my groen slaai rustig eet en hier basuin die voorblad alweer uit: “Nugget loop op water”, sê Kobus Maritz.

Huweliksklokke: “Ds. Mercedy Benz van die Rynse Kerk Walvisbaai het onlangs in die huwelik getree met Arthur Mathew van Wyk. Sy is met ’n delikate hartprobleem gebore en dokters het min hoop gehad, maar ons gee die Here al die eer vir haar gespaarde lewe,” sê Annetjie Benz.

Lekker happie: “Seehond teen worshond en Oupa keer vir ’n vale. My dogter het gesê: ‘Mamma, dis nou ’n goeie waarskuwing vir die mense wat hulle honde los laat rondloop, want die baas van dié hond het nooit besef dat Meneer Seehond op die klippe gelê het nie’,” sê Jermanneke Havemann.

Musikant: “My kleinseun se beuel. Hy blaas soos ’n ‘pro’,” sê Judy Polster Lombard.

Atmosferies: De Villiers van Jaarsveld het dié foto per WhatsApp ingestuur.

Uitgevat: The Followers of Christ Church Namibia het onlangs ’n geldsinsameling vir die kerk gehou. Icebreaker Photography het die foto geneem.
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article