
Deel van die familie: “Dit is Tramp, my geliefde woef. Hy was die beste dierekind wat ek nog ooit gehad het. Hy was my skaduwee en het altyd mooi na my gekyk. Hy het altyd alles saam met my gedoen en gegaan waar ek gegaan het. Hy het een keer gekeer dat ’n pofadder my pik en is in die proses self gepik. Ek was so bitter baie lief vir hom, maar op my 16de verjaardag het mense hom doodgeslaan. Ek sal altyd lief vir hom bly,” sê Fébé Taljaard van Gobabis.

Lekker: “Ons geniet die sonskyn hier op die Klein Eden-gasteplaas,” sê Uwe Neustadt.

Branders: De Villiers van Jaarsveld het die foto gekiek.

Oud: “Diaz-punt se ligtoring, die bewaker van Lüderitz se ingang,” sê Mogamad Salie Saban.

Koud: “Só lyk dit as die kouefront in Helmeringhausen aankom,” sê Björn Basler.

Geraam: “Ons het die Eduard Bohlen besoek en terwyl almal al na hulle voertuie geloop het, stap ek om die boot en kom op dié jakkals af. Hy het seker gedink almal is reeds weg,“ sê Jermanneke Havemann.

Beeldskoon: Mogamat Salie Saban het dié foto geneem.
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article