’n Eg Namibiese matrass vir elke sak

Brothers al twintig jaar in die bedryf
Die span by Brothers werk reeds aan 'n plan om te verseker dat matrasse 100 persent Namibies vervaardig is.
Tanja Bause
“In 2017 het ons ’n sponsfabriek in Okahandja gebou, en dit was een van die hoogtepunte in Brothers Mattress Factory se amper 20-jarige bestaan,” se Markus Bean, besturende direkteur van Brothers Mattress Factory in Okahandja.

“Dit het ons ’n stap nader gebring aan die vervaardiging van eg Namibiese matrasse. Ons werk reeds aan die volgende stap, en sodra dit in werking is, sal ons matrasse 100 persent Namibies vervaardig wees.”

Brothers is in 2005 deur die stigterlid en aandeelhouer, Basil Bean, begin toe hy ’n gaping in die mark gesien het. Hy het die geleentheid gebruik om deel te word van die Suid-Afrikaans-gebaseerde franchise Brothers Mattress Factory. Hy, sy suster en twee seuns het in die besigheid belê, wat in Okahandja geleë is.

“Ons het in 2006, ná die fabriek voltooi is, die masjiene geïnstalleer is en ons opleiding in Kaapstad voltooi was, begin. Destyds was dit net drie van ons, waarvan Maria Tjitavi nou nog by ons werk. Vandag verskaf ons werk aan 35 mense,” sê Basil.

In 2007 is ’n tak in Windhoek geopen en ’n jaar later een in Swakopmund.

“Die opening van die takke was van die begin af in die beplanning, sodat ons direk aan die publiek kan verkoop, die middelman kan uitsny en sodoende die beste pryse aan die man en vrou op straat kan bied,” het Basil gesê.



Jonger geslag

In 2012 het Markus by die besigheid aangesluit. Ná pa en seun etlike jare sy aan sy gewerk het, het Basil besluit die tyd het aangebreek om die leisels oor te gee en af te tree.

“In 2017 het ons die sponsfabriek gebou. Brothers is baie gesteld op die beste gehalte lewer teen die beste moontlike prys. Om ons eie sponsfabriek te bou, was die volgende logiese stap,” sê Markus.

Die grootste uitdaging was om al die masjiene op te stel en alles 100 persent reg te laat werk.

“Toe die eerste spons gemaak en gesny is en mens kon sien dit is ’n matras, het ek ’n ongelooflike gevoel van trots en prestasie ervaar. Dit was ’n matras wat amper heeltemal hier in Namibië vervaardig is,” sê Markus.

Die volgende stap was om ’n binneveermasjien aan te skaf. “Die masjien het intussen ook aangekom en moet nog net geïnstalleer word. Die masjien bestaan uit twee dele. Eerstens is daar die ‘coiler’ wat die draad draai om ’n veer te vorm. Dan is daar die samesteller wat die verskillende spirale aan mekaar heg en in ’n raam vasmaak, sodat dit een groot veer word wat in die matras gebruik word. Sodra die masjien in werking is, sal ons matrasse regtig 100% in Okahandja vervaardig word,” sê Markus.



Verskeidenheid

“Ons vervaardig ’n groot verskeidenheid matrasse: lae, medium en hoë digtheid sponsmatrasse, insluitende ons reeks ortopediese matrasse. Ons vervaardig ook ’n reeks ‘bonnell spring’ en ‘pocket spring’ matrasse. Ons het ook spesifieke matrasse vir die gasvryheidsbedryf, hospitale en skole. Ons vervaardig ook kampmatrasse, karavaanmatrasse, kinderbed-matrasse, matrassies vir troeteldiere, en kan enige grootte matras op ’n kliënt se versoek mak. Dit is juis ons wye reeks wat vir die publiek ’n matras bied vir elke behoefte en begroting,” voeg hy by.

Hulle maak ook ’n verskeidenheid kussings, van die standaardkussing tot gewone los (scatter) kussings.

Daar is nog meer planne om die fabriek in Okahandja uit te brei.

“Ons gaan binnekort ’n groter, splinternuwe fabriek oprig, met nog meer masjiene – steeds in Okahandja – om aan te hou om aan Namibiërs die beste matrasse teen die beste pryse direk van die fabriek af te voorsien. Elkeen van ons matrasse is volgens internasionale standaarde deur Namibiërs vir Namibiërs gemaak,” sluit Markus af.

Comments

Namibian Sun 2025-02-05

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.31 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.36 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 878.15/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.37/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 787.00/T DOWN -0.92% | Brent Crude Oil US$ 75.68/BBP DOWN -0.013 | Platinum US$ 1 013.14/OZ UP +1.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.31 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.36 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 878.15/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.37/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 787.00/T DOWN -0.92% | Brent Crude Oil US$ 75.68/BBP DOWN -0.013 | Platinum US$ 1 013.14/OZ UP +1.22%