Die BuildWise span is gereed om te help.
Die BuildWise span is gereed om te help.

Klop hier aan vir duursaamheid en veelsydigheid

As een van die materiale wat die meeste ter wêreld gebruik word, speel aluminium ’n noodsaaklike rol in moderne konstruksie. Dié materiaal se sterkte, duursaamheid en veelsydigheid maak dit ’n goeie keuse vir alles van vensters en deure tot dakbedekking.

Aan die voorpunt van die aluminiumbedryf in Namibië is BuildWise, ’n toonaangewende vervaardiger en verspreider van hoëgehalte-aluminiumprodukte. Van die vroegste stadiums van ’n konstruksieprojek tot die afronding, verskaf BuildWise die noodsaaklike boustene wat die bedryf vorentoe laat beweeg.

In ’n onlangse onderhoud, het een van BuildWise se bestuurspan, Richard Hoff, die maatskappy se verbintenis tot kliëntediens beklemtoon. “Ons verskaf dienste en installasies aan ons kliënte landwyd, hoofsaaklik van ons produkte soos motorhuisdeure, aluminium venster- en glasprodukte, asook verskeie ander kleinhandelprodukte.”

Hennie du Plessis, nog ’n lid van die BuildWise-span, het hulle vervaardiging van aluminiumvensters en -deure beklemtoon. “Ons het ook die staalkant van die besigheid, waar ons staalvensters en -deure aan die hardeware-kleinhandelmark verskaf.”

Toe hy gevra is oor die proses om op maat gemaak aluminium deure en vensters te skep, het Jean-Louis van den Berg, nog ’n lid van BuildWise se bestuur, die belangrikheid daarvan beklemtoon om aan elke kliënt se spesifieke vereistes en verwagtinge te voldoen. “Jy kom met ’n plan, dalk iets wat ander sê nie gemaak kan word nie, maar kom maak gerus ’n draai by ons en ons sal help om jou visie ’n werklikheid te maak,” het hy gesê.

“Ons vervaardig die deure, vensters, eintlik maar alles, self. Ons het ook ’n professionele span wat na jou eiendom sal gaan om die produkte installeer ten einde te verseker dat die kliënt tevrede is met wat ons lewer.”

Met ’n verbintenis tot gehalte en uitsonderlike kliëntediens, is BuildWise gereed om voort te gaan om ’n beduidende impak in die konstruksiebedryf in Namibië en elders te maak.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!