McLean waarsku teen swendelaars
Namibië se voormalige Mej. Heelal, Michelle McLean, het die publiek teen ’n sosialemedia-slenter gewaarsku wat haar beeld en ’n vals berig gebruik om mense te probeer bedrieg.
Sy het Namibia Media Hub (NMH) spesifiek in kennis gestel om haar waarskuwing plaaslik te versprei.
Sy is verlede week oor die bedrogspul ingelig wat ’n vals onderhoud met haar behels, om niksvermoedende mense te oortuig om in ’n "diamantskema” te belê.
McLean het gesê vriende het haar verlede Maandag in kennis gestel van ’n webwerf wat gekloon is om soos ’n News24-bladsy te lyk om dit te laat voorkom asof sy die skema bevorder.
Die skema gebruik haar foto saam met ’n emosionele storie wat in Afrikaans geskryf is oor ’n sukkelende gesin wat in die skema belê en vinnig baie geld gemaak het.
Volgens dié storie het die vrou aan McLean geskryf, wat hulle toe glo van die vals beleggingskema vertel het. Die fiktiewe storie beweer hul N$4 500 het in vier weke tot N$50 000 gegroei.
In ’n onderhoud met Media24 wat die naweek gepubliseer is, sê sy die vals storie is veral afgryslik omdat sy ’n ambassadeur vir natuurlike Namibiese diamante was. McLean was in 2009 die amptelike ambassadeur vir die Namibiese Diamantraad.
“Ek is ’n Namibiese natuurlike diamant-ambassadeur en trots op die werk wat die diamantbedryf doen om by te dra tot ekonomiese en maatskaplike vooruitgang. Net soos die produk (diamant) self, verteenwoordig die Namibiese natuurlike diamantbedryf integriteit en deursigtigheid, en dit is wie ek is as Michelle Mclean.”
Sy is bekommerd dat mense gelok kan word om te dink die skema is wettig omdat sy bekend is, veral omdat dit aangebied word in die vorm van ’n webwerf wat gekloon is om soos die News24-webwerf te lyk. Sy is ook bekommerd dat dit spesifiek die Afrikaanssprekende gemeenskap teiken.
“My naam, beeld en goeie reputasie is op bedrieglike wyse en sonder my toestemming gebruik om ’n beweerde beleggingskema genaamd ‘Diamond Profit’ te bevorder.
“Ek onderskryf nie daardie skema nie en het dit nie gemagtig om enigiets wat met my verband hou, te gebruik nie,” het sy gesê.
Adriaan Basson, News24 se hoofredakteur, het gesê die publikasie is bekommerd oor swendelaars wat die name van nuusmakers gebruik om mense te mislei en geld daaruit te maak.
“Nadat Michelle dit onder ons aandag gebring het, het ons dadelik ons prokureurs gevra om die vals webwerf te laat sluit, en om die mense daaragter op te spoor.
“Dit is nie die eerste nie, en dit sal nie die laaste bedrogspul wees deur gewetenlose mense wat ons naam, en sakelui of bekendes, misbruik om geld te maak nie,” sê hy.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article